
Welkom by
Vloedbos

WELKOM BY


Die 'tjie van die Overberg









Lani, julle het 'n oase in die Overberg geskep. 'n Plek wat net meer bemind raak. Dit is die vrugte van baie harde werk en sekerlik baie stres wat met so iets saamgaan. Maar julle weet Wie versorg. Julle is vasbyters. Ons gun julle 'n goeie besigheid waarop julle trots is en waarvoor julle in ruil gee 'n baie lekker vakansiehou plek vir gesinne. Voorspoed.
Neels Venter
Had a fantastic four days at vloedbos. Place is always kept clean and tidy. Will recommend anyone to go there for a holiday.
Excellent. Clean, safe, friendly and lots to do for the kids. Love it.
Hoekom VLOEDBOS?
Het julle gewonder waar kom die naam VLOEDBOS vandaan, en hoekom dan VLOEDBOS in die Overberg...?
Die naam kom van die gedig "die Vloedbos sal weer vlieg" deur Carina Stander - daar waar dit droog is, daar waar daar niks is nie, sal God 'n oase maak.
Die woord vloed in die vloedbos sal weer vlieg (die naam van die debuutbundel) herinner aan oorvloedigheid en aan 'n skare: 'n “vloed” van mense. Om te sê dat die vloedbos weer sal vlieg, is 'n profetiese uitdrukking van Hoop, 'n verwagting dat die aarde kan floreer of “vlieg”.
uit die digbundel
"die VLOEDBOS sal weer vlieg"
deur Carina Stander
Tafelberg uitgewer, 2006
ware Liefde langs die Wildekus
Msikaba, Transkei
voortaan roei ek op groen water met ’n slankboot na die strandmeer stapstewels op my kop, ’n skuiwende maan bo die rand van die duinwoud na die singende moeras waar ’n bevolking mangliete woon vol ape en eggo’s uit die verre toekoms
hoe ver rimpel Jou voetspoor oor hierdie water hoe dikwels het ek Jou geprewel tot Jy vlees word voor my oë
die see bring krappe en dolfyne en walvisse wat stertklappend kalf en smôrens spiraal dertig aasvoëls in ’n skielike uitbreek van vlerke – ’n stroomversnelling van engele
vrouens met krale om dun enkels het kruiwaens water hier geskep vir mans soos trotse knopkieries vir werfvarke en esels en die teefhond het gekreun van rougeknaagde speen
onthou Jy ook die vaalbruin en gebyte bekke van krulstertbrakke wanneer die mielielandery verdroog en hutte klein kleipotte van hongersnood is
ek het heeldag van die skadu na die gloed gevaar verby beeste op erosiestoepe langs die see – oorlewing is ’n koei wat gemelk word aan die horings – maar Jy het gesing tot die mitserie jong koperrooi blare vir ons gee en swart vrugte vir die glansspreeus en houtkappers en papegaaiduiwe – die weerkaatsing van water teen rots had die kleur en tekstuur van ’n visbontvel
binnekort sal Jy weer die vloedbosse seën
maar wie sal luister as ek vertel hoe hoorbaar Jy is hoe Jou kleed oor die water ritsel as ek daglank wag tot Jy uitspruit soos ’n Woord hoe Jou voete ene sonspikkels is en ’n tak die water kus as Jy in die roeiboot klim

Kontak Ons
Office hours
Weekdays/Saturday
8h00-12h30/14h00-16h00
Friday
8h00-12h30/14h00-16h00/21h00
Sunday
8h00-13h00
Volg ons op